Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wereld van Geestelike Energie » Liggaamlik, Geestelik & Selfhelp » Boeke » Soek » soeknet.co.za

Wie Praat Nou? Boek 1 -  'n Gids na die wereld van Geestelike Energie Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wereld van Geestelike Energie  
Deel jou advertensie nou op ander sosiale netwerke. 

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wereld van Geestelike Energie

R170.00
Foto 1: Wie Praat Nou? Boek 1 -  'n Gids na die wereld van Geestelike Energie

WIE PRAAT NOU? Boek 1 - 'n Gids na die wereld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Ons gaan op die lange duur meeste van die aspekte van die lewe bespreek waaroor almal soms wonder en dan redeneer dat daar geen antwoorde daarop bestaan nie. Wonder jy dalk soms:

* wat die verskil is tussen jou gees en siel?

* hoe die gees/siel/liggaam in onderling-verbinde Geheel werksaam is?

* wat die verskil is tussen die werkinge van jou brein en verstand?

* wat die oorspronklike betekenis (en uitleg/verklaring) van die Griekse woord vir "sonde" is?

* watter ander geestelike wette daar bestaan, buiten die tien gebooie?

* hoe die Wet van Vrye Wil werk?

* waarheen die siele van persone wat selfmoord gepleeg het, gaan? (Nie die hel nie, nee!)

* hoe gedagtes tot manifestasies bydra?

* wat die mees effektiewe self-help tegnieke is?

* waarom sekere dinge wat jy NIE wil hê nie wel manifesteer?

* hoe die Skeppingsproses werk?

* hoe die Skepper die "Leegte" en alle ander hemelliggame geskep het?

* hoe die Val van wesens gebeur?

* hoe die Evolusie Teorie en die Skeppingsleer versoen kan word?

* hoe die wetenskap en godsdiens versoen kan word?

Indien wel, hallo en welkom liewe Medeskepper, kom leer meer van jouself en Self, jou lewensomstandighede, ander mense, die lewe in die algemeen, God, Sy Skepping, die werkinge daarvan en die interaksie tussen alle dinge.


Om 'n gratis PDF dokument (27 bladsye wat uittreksels en die volledige indeks bevat) te ontvang, stuur gerus 'n e-pos aan: wiepraatnouboeke@vodamail.co.za.

Die boek kan ook direk bestel word deur (1) 'n e-pos aan lg. e-posadres te stuur OF (2) U kan dit deur Kalahari.com aanskaf. * Tik “Wie Praat Nou? Boek 1” in die soekblokkie in. * Kliek dan op enige van die boeknaam of -foto of die “Available new & used” frase. * Kliek daarna op “Gooi in die mandjie” en volg die prosedures.

Skrywer: T. Goosen

Illustreerder: T. Goosen

Kategorie: Liggaam/verstand/siel/gees

Formaat: Sagteband; 150 X 220mm

Illustrasies: 4 kleurillustrasies en 11 swart-en-wit illustrasies

Bladsye: 188

Boek Prys: R170

Posgeld: R30.00 (Suid Afrika) Posgeld vir bestellings buite SA sal bereken word n.a.v. land van bestemming.

ISBN: 978-0-620-48201-1

Publikasiedatum: 02 September 2011

 
Adverteer nou GRATIS in Liggaamlik, Geestelik & Selfhelp

Kliek hier en Adverteer nou GRATIS in Liggaamlik, Geestelik & Selfhelp.

Jy sal eers moet aanteken of registreer voordat jy T goosen sal kan kontak.
Geadverteer deur: T goosen
Alle advertensies deur T goosen.
'n soeknet lid sedert 2011-07-10.
Upington - Noord-Kaap

7377 besigtigings.
Geadverteer op 2011-11-11 09:26:58.
WhatsApp Iemand.
 Soek Advertensie
Kry jou lening hier.