Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!

Plaasbestuurder - Calitzdorp » Landbou » Werk - Aangebied » Soek » soeknet.co.za

Plaasbestuurder - Calitzdorp Plaasbestuurder - Calitzdorp  
Deel jou advertensie nou op ander sosiale netwerke. 

Plaasbestuurder - Calitzdorp

PLAASBESTUURDER - CALITZDORP

 

‘n Gevestigde, gediversifiseerde landbouonderneming in die Calitzdorp omgewing, beskik oor bogenoemde vakature, met diensaanvaarding so spoedig moontlik.

 

Hierdie uitdagende geleentheid word gebied aan ‘n eerlike, entoesiastiese, ervare en gesonde persoon met goeie leierskapsvaardighede, ‘n hardwerkende persoon wat selfstandig en innoverend kan dink en inisiatief kan neem.  Die kandidaat sal onder andere die volgende verantwoordelikhede behartig en vereis kundigheid oor die volgende aspekte:

 

-       Volstruis vertakking vanaf uitbroei- tot slagfase: Voeding, Versorging en Bestuur

-       Wyndruiwe produksie

-       Lusernverbouiing, produksie en oes, asook grondbewerking, saai en stroop van ander gewasse

-       Groente verbouing en Saadproduksie: hoofsaaklik uie- en wortelsaad

-       Groot- en kleinveeproduksie

-       Goeie kennis van besproeiing stelsels en bemestingsprogramme

-       Goeie meganiese kennis vir onderhoud en instandhouding van alle masjienerie en geboue

-       Uiteensetting/opstel van begroting tesame met deurlopende finansiële bestuur van inkomstes en uitgawes teenoor die begroting

-       Verantwoordelikheid neem van alle finasiele aspekte van die boerdery

-       Uitbreidings geleenthede kan identifiseer en ontwikkel

-       Rekenaarvaardighede, Administrasie en Akkurate rekordhouding

-       Goeie menseverhoudings en moet personeel kan dryf en bestuur

-       Algemene netheid van plaas, geboue, masjienerie, toerusting en gereedskap

-       Rapportering aan Raad van Trustees

 

‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie met ondervinding sal u aansoek versterk. 

Voorkeur sal gegee word aan persone met minstens 7 jaar bewese ondervinding.

‘n Kompeterende mark verwante vergoedingspaket word volgens die kandidaat se ondervinding, opleiding en kwalifikasies aangebied. 

 

Stuur asseblief u skriftelike aansoek met verkorte CV (beperk tot 3 bladsye) tesame met kontakbare verwysings aan: plaasbestuurdercalitzdorp@gmail.com

 

Die aansoeke sluit 31 Mei 2016 en indien u geen terugvoering ontvang binne 30 dae, kan u die aansoek as onsuksesvol beskou.

Vorige19 van 60Volgende
Adverteer nou GRATIS in Landbou

Kliek hier en Adverteer nou GRATIS in Landbou.

Jy sal eers moet aanteken of registreer voordat jy Vredelus sal kan kontak.
Geadverteer deur: Vredelus
Alle advertensies deur Vredelus.
'n soeknet lid sedert 2016-04-28.
Calitzdorp - Wes-Kaap

2483 besigtigings.
Geadverteer op 2016-04-28 11:16:46.
WhatsApp Iemand.
 Soek Advertensie
Lewensversekering sakpas in jou taal.