Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!

Kaalvoet en soekend na pen vriende en koffie drink vriendinne :-) » Platoniese Vriendskap » Liefde en Vriendskap » Soek » soeknet.co.za

Kaalvoet en soekend na pen vriende en koffie drink vriendinne :-)  Kaalvoet en soekend na pen vriende en koffie drink vriendinne :-)  
Deel jou advertensie nou op ander sosiale netwerke. 

Kaalvoet en soekend na pen vriende en koffie drink vriendinne :-)

Nuuskierig oor my?

My naam beteken VREUGDE.
Ek is 'n klein wesentjie in hierdie groot heelal wat GROOT dinge probeer doen. Ek weet min maar ek ken die EEN wat alles weet! Dit maak van my 'n briljante student met skeppende passie. Ek het die sagste hart. Sou jy daaraan vat, voel dit soos fluweel. Ek sien die mooi in mense en wil liefs 'n aanwins wees vir die wereld en nie 'n las nie. Ek is nie 'n morsjors nie, bestrooi nie die wereld met tonne papiere van al die allerhande mooi en lekker goed wat ek elke dag koop nie. En die enigste vorm van alkohol wat ek inkry is deur my parfuum.

Wat nog? Ek is allergies vir stof. Ek kan net so vinnig tik soos enigiemand met 'n kwalifikasie. Ek gebruik net een vinger, en kon nog nooit die ander bysit nie, dit voel soos klavierspeel op 'n stukkende ding. Tien duisende briewe, honderde koffie uitnodigings, miljoene smse, een vinger. My linkerhand is dus altyd vry vir 'n versnappering, 'n koppie tee, 'n koppie koffie, die telefoon of 'n vetvrye ys Chilla ...
My daaglikse programme stel ek goed op sodat ek nie 'n gym sessie misloop so tussen die huiswerk en vuil baba doeke en tietbottels deur.
Wat maak Kaalvoet Jasmyn opgewonde en dankbaar? Om wonderlike maaltye te geniet wat ek nie self hoef voor te berei nie en iemand anders wat aanbied om die skottelgoed was!

Ek sit hier en skryf soos een wat weet van beter, maar my onvermoe om weg te stap van dit wat my terughou, is net so groot soos die van miljoene ander. Ek kan glad nie onthou hoe dit voorheen was of hoe ek hier gekom het nie.
As ek nie uitreik en vriende en vriendinne maak nie, hoe sal iemand anders dan weet van my bestaan ?

Vorige6 van 7Volgende

Kliek hier en Adverteer nou GRATIS in Platoniese Vriendskap.

Jy sal eers moet aanteken of registreer voordat jy Kaalvoet jasmyn sal kan kontak.
Geadverteer deur: Kaalvoet jasmyn
Alle advertensies deur Kaalvoet jasmyn.
'n soeknet lid sedert 2011-09-02.
Montana - Gauteng

11284 besigtigings.
Geadverteer op 2011-09-02 08:15:47.
WhatsApp Iemand.
 Soek Advertensie
Bederf jou brak!