Soek Tuisblad » Soek  » Boeke » eBoeke
Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie » eBoeke » Boeke » Soek » soeknet.co.za

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie  
Deel jou advertensie nou op ander sosiale netwerke. 

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

R98.04
Foto 1: Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

Die boek het sy ontstaan daarin dat die skrywer relatief onlangs self ʼn tydperk van diepe beproewing beleef het waartydens hoop ʼn sentrale rol gespeel het. In sy worsteling met vrae sonder oënskynlike antwoorde, het hy opnuut hoop ontdek in die wyse waarop God hom gelei, gedra en versterk het in die geloof.  Daar het ʼn dankbare en diepe behoefte ontstaan om hierdie hoop met ander te deel. Dit is sy ervaring as predikant dat die mensdom na ware hoop soek. Daarom is die primêre tema van die boek “hoop”.  

Die boek handel oor verskeie positiewe aspekte rondom die tema, maar hanteer ook faktore wat hoop kan bedreig en selfs vernietig. Elkeen se eie aandeel in ander se belewenis van hoop word ook deurlopend onder bespreking gebring.

Wat die boek anders maak as die gewone is dat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s geskryf, ingesluit is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit.

Daar is ter wille van afwisseling, ook enkele hoofstukke wat ander relevante temas aanspreek.

Resensie:

Die Afrikaanse mark word letterlik toegegooi onder geestelike “selfhelp”-boeke, maar nie almal het werklik meriete om in dié gewilde genre te kan meeding nie. Dikwels is dit ‘n saamgeflanste of hoogdrawende poging om die Bybel te betrek en sodoende die skrywer se Bybelkennis ten toon te stel, maar met weinig nut vir die leser.

“Gee my hoop selfs toe daar geen hoop meer was nie” is anders. Algeheel anders. Dis eerstens ‘n boek wat vir die gewone leser wat dalk wanhopig voel, geskryf is . Die taalgebruik is doodgewoon en interessant. Die Afrikaans is suiwer en die hulp of raad wat aangebied word is werklik bruikbaar. Die kwessies wat geskets word is ook alledaags en tydig.

Dis voorwaar ‘n annerste boek hierdie. Die skrywer deel raad uit wat op bykans elke mens van toepassing kan wees. Dis nie soetsappig nie en word verstaanbaar geskryf. Dit voel met die lees van elke hoofstuk asof hy spesifiek met jóú praat en jou probleme en vertwyfelinge verstaan. Wesende ‘n predikant, word daar natuurlik mildelik deur middel van aanhalings op die Bybel gesteun, maar in plaas van om steurend te wees, is dit ‘n noodsaaklike vereiste. Die Bybelversies is effektief as oplossing vir die probleem onder bespreking en verskaf in elk geval momentum aan die boek.

Die interessantste aspek van “Gee my hoop selfs toe daar geen hoop meer was nie” is die oorspronklike gedigte onderaan elke hoofstuk. Die skrywer se poëtiese vermoëns is uitsonderlik en elke gedig dra by tot die oorkoepelende boodskap van die hoofstuk.

 Hierdie is werklik ‘n boek om aan te beveel en geen huis behoort sonder ‘n eksemplaar te wees nie.

 

 

 

     

Vorige3 van 30Volgende
Adverteer nou GRATIS in eBoeke

Kliek hier en Adverteer nou GRATIS in eBoeke.

Kontak Faan visser via e-pos.
Selfoon Nommer:0760543062
Geadverteer deur: Faan visser
'n soeknet lid sedert 2014-03-05.
Alle advertensies deur Faan visser.

Stilfontein - Noordwes

5953 besigtigings.
Geadverteer op 2014-03-05 14:02:12.
WhatsApp Iemand.
 Soek Advertensie
Lewensversekering sakpas in jou taal.