Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!

Enige plaaswerk » Plaassake en besigheids indeks » Werk - Gesoek » Soek » soeknet.co.za

Enige plaaswerk Enige plaaswerk  
Deel jou advertensie nou op ander sosiale netwerke. 

Enige plaaswerk

Ons is n jong ongetroude paartjie met geen kinders en dringend opsoek na werk op plaas met verblyf. 
 
 
Ons albei het ondervinding op plaas, hy baie meer as ek, hy woon omtrent 8 jaar op plaas, sy kennis strek van bees, skaap en bokke, hoenders (hy het ook sy eie broei Kas vir kuikens gebou en was sukses vol) , ons albei het op n plaas in KZN gebly en gewerk, waar hy in beheer was van al die elekrisiteit (hy het ook die solar system geinstalleer), hy was in beheer van die groente tuin, waar hy tonnels op gesit het as ook al die besproeing. Hy het al die drukgange gebou vir die beeste en was ook n assistent vir die melk van koeie, hy het uitsteekende kennis op hout en staal werkswinkels, hy is goed meganies aangele, hy kan draadspan werk ook doen. Hy boer met bye vir 'n alternatiewe inkomste, ek aan die ander kant was meeste van my lewe n stads meisie, maar woon die afgelope 2+ jaar op plaas, ek het op die plaas in KZN die bejaarde tannie gehelp in en om die huis, waar ek in beheer was van al die kalfies en die melk wat inkom en al die bestellings, as ook Botter gemaak en verder het ek die kos gemaak, en gehelp met die groente tuin, maar om eerlik te wees my vingers is nog nie groen genoeg nie, ons albei verkies die plaas lewe en sien uit daarna om ons kennis net nog meer te verbreed, ek is seker daar is baie dinge wat ek dalk nie nou genoem het nie maar miskien kan dit u n idee gee van ons. Tans woon ons by sy ouers op n plaas waar hulle toesig hou oor die plaas, ons groei ons eie groente en melk self die bokke en koei.
Ons albei probeer om n Skrif gebaseerde leefstyl te leef. Indien u ons CV's wil sien sal ek dit met liefde
aanstuur.
 
Ek is bereid om as n huishoudelike hulp te werk of enige admin werk te doen. 

Indien ons nie saam op dieselfde plaas werk kan kry nie is dit ook goed. 

Dankie vir u tyd


1 van 60Volgende
Adverteer nou GRATIS in Plaassake en besigheids indeks

Kliek hier en Adverteer nou GRATIS in Plaassake en besigheids indeks.

Jy sal eers moet aanteken of registreer voordat jy Louisedk sal kan kontak.
Geadverteer deur: Louisedk.
'n soeknet lid sedert 2021-08-17
Alle advertensies deur Louisedk.
Steynsburg - Oos-Kaap

315 besigtigings.
Geadverteer op 2021-09-03 08:31:38.
WhatsApp Iemand.
 Soek Advertensie
Bederf daai spesiale een.