Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!

Bredasdorp Lugskou 2009 .... » Joernalistiek » Werk - Aangebied » Soek » soeknet.co.za

Bredasdorp Lugskou 2009 .... Bredasdorp Lugskou 2009 ....  
Deel jou advertensie nou op ander sosiale netwerke. 

Bredasdorp Lugskou 2009 ....

Met ons aankoms by die Lugmagbasis, net na 9 Saterdagoggend, was dit duidelik dat daar reeds duisende mense deur die hekke is... die afwagting was voelbaar, en nie eers die halfuur se stap tot by die aksie kon dit demp nie. Almal loop en skerts, help mekaar oor blombeddings en deur slote - rugsakke, stoele en koelsakke wat al hoe swaarder raak ten spyt... 'n feestelike atmosfeer wat heers tot skuins na 12... Die asemrowende begin deur die Silwer Valke het my hart 'n paar keer amper laat staan... hulle formasies wat lyk asof hulle mekaar met millimeters mis. En deurentyd die stem van die leier-vlieenier van die groep. Hoor jy se bevele wat tot op die letter uitgevoer word en tussendeur die kommentator wat die skare inlig oor die tipe vliegtuie, die vlieenier/s, wie en wat hulle is, gesinne, ervaring, vliegure, hoeveelheid skoue, ens ens ens. Ons sit heel voor by 'n luidspreker, wat die helfde van die dag deur 'n plastiek 'kous' bedek moes word teen ligte motreen (gelukkig so min, dat daar nie regtig sprake is van natword nie), en kan alles mooi duidelik hoor - regtig interessant. Soos by enige skou is daar heelwat stalletjies en oorgenoeg eetgoed en koffie, ook 'n biertent, maar ons sit vasgenael - te bang jy mis iets as jy beweeg... Daar is gedurig aksie, en toe daar op 'n stadium aangekondig word dat die noodvoertuie en brandweer slegs as 'n voorsorg maatreel na die aanloopbaan beweeg, dink ons steeds dit hoort so. Met die volgende aankondiging het ons bietjie begin wonder en 'worry'... veral toe hy aankondig dat as ons na links van die aanloopbaan kyk, sal ons sien hulle is besig om 'n vangnet in gereedheid te bring. Steeds verwag ons dat die Lightning nou seker enige oomblik deur die klankgrens gaan bars... waarvoor hy immers bekend en geliefd is onder die omstanders. Die volgende aankondiging bevestig egter dat die vlieenier probleme ondervind en in kontak met die beheertoring was... hy gaan van oortollige petrol ontslae raak en dan heel moontlik 'n noodlanding uitvoer... Ons wonder steeds of dit nie dalk regtig deel van die 'show' is nie, toe die digte rookwolk en geskokte stilte vir ons anders wil wysmaak. Maar dit kan tog nie wees nie???!!! Die aankondiger bevestig die verskriklike waarheid, en skep darem hoop dat die vlieenier se stoel uitgeskiet is... alle noodvoertuie en helikopters vertrek onmiddellik na die brand en begin na hom soek... Kop-onderstebo sit meeste mense en woordeloos bid. "Ag Here, Asseblief!!!" Nee, se 'n bleek Mike wat al 'n paar lugskoue op sy kerfstok het - daar was nerens 'n valskerm in sig nie... en daar is gewoonlik 'n opsporings-toestel onder aan die stoel - hulle sal nie nodig he om vir 'n uur te soek nie. En by die vliegtuig sal daar ook dadelik gesien word of die stoel uitgeskiet het of nie... Die arme aankondiger het die taak om nie te laat blyk wat reeds gebeur het nie... ek neem sy stem met my selfoon op "... if there is one South African pilot that needs our prayers, 'this is it' " eindig hy sy versoek dat toeskouers nie hulle selfone gebruik nie (daar was in elk geval geen sein nie... ons vermoed die weermag het dalk iets daarmee te doen). Die res van die dag is vir ons bederf... amper 3 ure later hervat die verrigtinge met 'n mini-oorlog wag die kinders veral vreeslik geniet. Gevolg deur verskeie vliegtuie en helikopters, maar die feestelike atmosfeer is nou afwesig... baie mense het opgepak en vertrek nadat die hekke weer oopgemaak is - niemand mag uit gegaan het tot na die persverklarings nie... Ons seunskinders kom terug van die stalletjies, ook met handtekeninge... o.a van 'n helikopter-vlieenier - "Nee, hy het nie deelgeneem nie... hy het die oom gehelp soek. En ja, hulle het hom gekry, maar hy is ongelukkig dood..." Ons het dit seker maar geweet, maar nou's dit realiteit. Kan mens so tranerig wees oor iemand wat jy nie eers ontmoet het nie? Maar my hart wil breek! En as ek om my kyk, sien ek baie gebroke harte van mense wat hom ook nie geken het nie... Net voor 5 is dit weer die Silwer Valke se beurt... dieselfde formasies as vanoggend, en nou wil my hart regtig gaan staan. "Ag, Here, asseblief!!" En toe die versoek, almal staan, mans haal pette af en die bevestiging dat Mr Dave Stock nie oorleef het nie... die Silwer Valke doen 'n tradisionele 'missing man' formasie... 5 vliegtuie kom na ons aangevlieg, 1 wyk uit na links en raak al hoe kleiner soos hy wegraak... oor die luidsprekers sing Bette Midler haar "Wind Beneath My Wings"... Ons omhels mekaar tranerig en begin stoele oppak,koelbokse toe- en kinders bymekaar maak. Die lang tog terug na die motor is steeds gemoedelik, maar aansienlik stiller...
Vorige5 van 7Volgende
Adverteer nou GRATIS in Joernalistiek

Kliek hier en Adverteer nou GRATIS in Joernalistiek.

Kontak Christabel via e-pos
Geadverteer deur: Christabel.
'n soeknet lid sedert 2009-11-25.
Alle advertensies deur Christabel.
Gansbaai - Wes-Kaap

29932 besigtigings.
Geadverteer op 2009-11-25 10:26:36.
WhatsApp Iemand.
 Soek Advertensie
Bederf jou brak!